×
Home: Mobile Home: Original Style What's New MP3 Bible Jewish Stories X-Witch X-Muslim Bible Movies Gospel Videos Godly Movies CBN Videos Random Video
  Kat Kerr   Anna Rountree   Mary Baxter   Several #1   Several #2   Choo Thomas   Ian McCormack   Burpo   I saw His Glory   7 Colombian Youths   Heavenly Blood   Heaven Testimonies
  Lazarus   Bill Wiese   Mary Baxter   Dr. Rawlings   J. Perez   Hepzibah   Ptr. Park   7 Columbian Youths
  Atomic Prayer   Prayers that ROUT demons   Warfare + Blessing   Healing   Declaration   101 Decrees   Tongues   Rosary   Artic Fire   Why Should We Pray?   Why Bother
  MP3 Bible   10 Commandments   Learn Bible in 24 Hours   40 Spiritual Lessons   Alpha   Foundations   Bible Commentaries   Book of Mormon   Temple Study   Red Letters   Divine Healing Training   God Story   Gap Theory   Creation to Christ   Book of John   Kids Bible Cartoons   Derek Prince Teaching   Jesus Film   Digital Bible   Bible Codes ELS
  Passion of Christ   New Jesus Film   Introduction   Names of God   Jesus IS...   Jesus Film   That's My KING   Father's Love Letter   Celestial Hug
  Warfare Training 1   Warfare Training 2   Casting Out demons   Combat   Examples   Warrior King   Exorcism   Prayer   Ask Him   demonology   Clarita   NUWI
  Final Quest   The Call   Tommy Hicks   3 Days   Angel Song   The Prison   H.A.Baker
  Best #1   Best #2   Spiritual Food   Generals   Ramirez   Bishop Kelley   Gary Wood   Roland Buck   Rees Howells   Baptized by Fire   Sid Roth   Todd White   Gary Beaton   Victor Marx   Akiane   Theo Nez   Nun's Story   Retha McPherson   Tomas Welch
  Booth's Vision   Frank Jenner   Hell's Best Kept Secret   EE-Taow   Manifesting Power   LivingWaters   Atheist Delusion   Using AI for Jesus   Sharing w/ Muslims   Sword + Serpent
  Revival Hymn   Jesus in China   Freemason Curruption   Modern Child Sacrifice   the WAR on Children   XGay   Transformations   Ark of Covenant   Soul Ties   Last Reformation   Noah's Ark Found   Does GOD Exist   Political Issues   Fake Mountain   7 Mountains   ID vs Evolution   Bible Science   American History   China Records   Case: Creator   Case: Christ   Case: Faith   Little Lessons   Deadly Mistakes   Enemies Within   Chinese Characters   Global Warming   The Final Frontier   Understanding Israel   Testing Joseph Smith   Targeting Kids
  X-Muslim   Journey of Hope   Islam Rising   ACT   Jihad   Best Muslim Story   Enemies Within   Answering Islam   Killing for Heaven   Killing the Infidel
  Downloadable MP3 Worship Music   Online Worship Music  DivineRevelations University   Free Posters   Christian Pictures   Kids Christian Cartoons   Bible Trivia   End Times Visions   Fractal Praise   Communion Verses   Bobby Conner   Brother Yun   Civil War   Prayer Tank   Fiscal Cliff   Understanding Economics   Who takes the Son   Christian GPTs
  All Languages   Afrikaans   Albanian   Amharic   Arabic   Bengali   Bulgarian   Burmese   Cambodian   Catalan   Chinese   Czech   Danish   Dutch   Farsi   Finnish   French   German   Greek   Gujarati   Hausa   Heberw   Hindi   Hungarian   Indonesian   Italian   Japan   Kannada   Khazanah   Korean   Laos   Malagasy   Malayalam   Malaysian   Marathi   Mongolian   Nepali   Norwegian   Oriya   Polish   Portuguese   Punjabi   Romanian   Russian   Somali   Samoan   Serbo_Croatian   Sinhala   Slovak   Slovenian   Spanish   Swahili   Swedish   Tagalog   Tamil   Telugu   Thai   Tongan   Turkish   Ukrainian   Urdu   Uzbek   Vietnamese
 About  Disclaimer  Phone# USA 425-610-9216  [email protected]
Follow on YOUTUBE  YouTube Follow on Facebook  Facebook Follow on X/Twitter  X/Twitter Follow Podcast RSS  Podcast  RSS Follow on Instagram  Instagram Follow on TikTok  TikTok
  PDF Library   Believer's Authority   Heavenly Man, Yun   Torch + Sword   The Harvest   Faith Shoemaker's Vision   Daughter of Sacrifice
For New Believers Something Funny... 2nd Page, Older Material
×






Menu / Home
Menu / Home
HTML Bible HTML Bible HTML Bible Christian Website Christian Video Passion of the Christ Gospel Go The Jesus Film 4 Spiritual Laws Thru the Bible
Openbarings oor die Hemel en die Hel  aan 7 Kolumbiese Jeugdiges          Passion Book        

The Way to JesusOpenbarings oor die Hemel en die Hel aan 7 Kolumbiese Jeugdiges

In `n groep tesame, was dié 7 Kolumbiese Jeugdiges weggeneem deur Jesus Christus waar Hy aan hulle die Hemel en die Hel gewys het. Hoor hulle getuienisse van die heerlikhede in die Hemel en van die mislikheid en tragedie in die Hel.

Vanweë die gehalte van die oorspronklik klankopname van die getuienisse is daar net van 6 van die getuienisse vertaal vanaf `n Spaanseklankopname na Engels en toe vertaal na Afrikaans. Illustrasies is later bygevoeg en is nie deel van die oorspronklike getuienis nie

PDF   DOC  English/Main

  -Heaven-
English  Spanish  Chinese
German  Dutch  Portuguese  Romanian
Korean  Swahili  French   Japanese
Swedish  Indonesian  Finnish  URDU
Afrikaans  Tagalog  Arabic  Italian Malagasy
Hausa  Hungarian  Thai  Malaysian

[www.minluznaciones.org]

--Hell--
English  Spanish 
German  Dutch
Korean Chinese/Trad  Russian Malagasy
Swedish  Swahili  Japanese  Bahasa Malaysian  Indonesian  Tagalog Amharic
Thai  Hungarian  Italian  Bulgarian
Arabic French   Finnish  Romanian
Portuguese  Tagalog   Hausa  URDU

Openbarings oor die Hemel

--- (1ste Getuienis, Esau) ---

2 Korintiërs 12:2 :
Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

HeavenOns was in die kamer toe ons die eerste ondervinding gehad het. Die kamer het weer begin opvul met die lig van die teenwoordighed van die Here. Dit was so kragtig dat dit die hele vertrek verlig was. Die kamer was vol van Sy heerlikheid en glorie, en sy teenwoordigheid was inderdaad pragtig.

Jesus het aan ons gesê, "My kinders, nou wil Ek aan julle my Koningkryk wys, kom ons sal gaan na my Heerlikheid."  Ons het mekaar se hande geneem en is in die lug in opgeneem.  Ek het afgekyk en het gesien hoedat ons ons liggame verlaat het.  Nadat ons ons liggame verlaat het was ons geestelike liggame geklee in wit uitrustings en ons het begin opstyg teen `n baie hoë spoed.

Naderhand het ons gearriveer voor `n stel deure wat `n ingang was na die Koninkryk van die Hemel. Ons was verstom oor wat alles met ons gebeur het tot dusver. Gelukkig was Jesus, die Seun van God, daar by ons gewees, tesame met twee engele wie elkeen elkeen vier vlerke gehad het.

Die engele het begin om met ons te praat, maar ons kon nie uitmaak wat hulle sê nie. Hulle taal was eenvoudig heeltemal te vreemd vir ons, soos geen ander taal op aarde was nie, en ons kon hulle nie verstaan nie. Hulle het ons verwelkom en daarna het hulle die kollosale deure oopgemaak. Wat ons gesien het is inderdaad `n wonderlike plek, met talle ongewone dinge te sien. Nadat ons die hemele betree het, het daar `n perfekte vrede oor ons gedaal. In die Bybel sê God dat hy aan ons die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. (Fillipense 4:7)

Die eerste ding wat ek opgemerk het was `n bokkie gewees, en het toe aan een van my vriende gevra, “Sandra, sien jy wat ek sien?” Sy het intussen darem opgehou huil oor wat sy alles in die Hel gesien het. Sy het geglimlag en gesê: “Ja Essau, ek sien ook die bokkie!” Dis toe dat ek besef het dat alles rondom ons werklik en eg is, ons is inderdaad in die Hemel! Al die gruwels van die Hel was so te sê vergete. Ons was besig om die glorie van God in te neem en het toe nader na die bokkie gestap. Daar was `n reuse boom agter die bok, dit alles was in die middel van die paradys.

Die Bybel vertel vir ons in Openbaring 2:7 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Hierdie boom is `n simbool van Jesus, omdat Christus die Ewige Lewe is. Agter die boom was `n rivier van kristalhelder water. Dit was só helder en mooi, soos geen ander rivier ooit op die aarde gesien was nie. Ons wou net daar op daardie die plek gebly het het. Ons het telke male aan die Here gesê “Asseblief Here! Moet ons nie wegneem hier vanaf nie. Ons wil hier bly vir ewig! Ons wil nie terug gaan aarde toe nie!”. Die Here het ons geantwoord, “Dis nodig vir julle om terug te gaan om `n getuienis te gee van al die dinge wat ek voorberei het vir dié wie My lief het, omdat ek eersdaags terugkom en waneer ek my beloning saambring.

Toe ons die rivier sien, het ons oorgegaan soontoe en dadelik in die rivier geklim. Dis toé dat ons die gedeelte uit die skrif onthou waar daar staan: ”Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Johannes 7:38). Die water van die rivier het geblyk of dit self ook lewe, dus het ons besluit om ons te dompel in dit. Binne, onder in die water en ook bokant die water kon ons normaal asemhaal. Dit was baie diep met talle visse van allerhande kleure wat daarin swem. Die lig binne en buite in die rivier was normaal; In die Hemel het die lig nie van `n spesifieke bron af gekom nie, alles was helder verlig. Die bybel sê vir ons dat die Here Jesus die Lig van daardie stad is in Openbaring 21:23. Ons het van die visse met ons hande uit die water gehaal, sonder dat hulle doodgegaan het. Dus het ons na die Heer gehardloop om uit te vind hoekom dit so is. Die Heer het geglimlag en geantwoord dat in die Hemel daar geen dood, trane en geen pyn meer is nie. (Openbaring 21:4)

Nadat ons die rivier verlaat het, het ons elke plek besoek wat ons kan vind, want ons wou aan alles vat om sodoende soveel moontlik te beleef daar. Ons wou so graag alles terugbring omdat ons verstom was oor die dinge van die Hemel. Ongelukkig is daar geen manier om dit eens te beskryf nie, daar is eenvoudig nie woorde vir dit nie. Toe die appostel Paulus weggeraap was Hemel toe, het hy dinge gesien wat hy nooit kon verwoord het nie, as gevolg van die grootheid van Koninkryk van die Hemel. (2 Korintiërs 12) Daar was goed wat ons gesien het waaroor ons bykans geen manier beskik om dit te beskryf nie.

Dis toe dat ons by `n baie wye en wonderlike, beedskone plek uitgekom het. Dit was vol waardevolle gesteentes soos goud, smaragte, robyne en diamante. Die vloer was van suiwer goud. Daarna het ons na `n plek gegaan met drie reusagtige boeke. Die eerste een was `n Bybel gemaak van goud. In Psalms word vertel dat die Woord van God vir ewig is en dat die Word van God vir ewig in die Hemel sal bly. (Psalm 119:89) Ons het na `n kollosale groot goue Bybel gestaar; die bladsye, die skrif, alles was gemaak van suiwer goud.

Die tweede boek wat ons gesien het was groter as die Bybel. Dit was oop en `n engel het daar gesit terwyl hy in die boek geskrywe het. Ons het tesame met die Here Jesus nader gegaan om te kyk na wat die engel neerskryf. Die engel het alles neergekryf wat op die aarde gebeur. Alles wat gebeur tesame met die datum en tyd wat dit gebeur word neergeskryf. Dit word gedoen sodat die Woord van die Here vervul kan word waar dit meld dat die Boeke oopgemaak is, en die mense op die aarde geoordeel was na aanleiding van hulle dade soos opgeskryf in daardie boeke (Openbaring 20:12). Die engel het alles wat op aarde gedoen was neergeskryf, goed en sleg.

Ons het aanbeweeg na waar die derde boek was. Dit was selfs groter as die laaste boek! Dit was geslote, maar ons het steeds nader gegaan. Al sewe van ons het dit geneem en van die staanplek afehaal, soos wat die Heer beveel het, en dit op `n pillaar geplaas.

Die pillare in die Hemel is so wonderlik! Dit is geensins gemaak soos op aarde nie. Die pillare het gelyk of hulle gevleg of verweef is uit verskillende kosbare gesteentes uit. Sommiges was gemaak van diamante, ander is gemaak uit suiwer smaragde, nog ander is gemaak van suiwer goud, en vele ander was `n kombinasie van verskillende tipes kosbare stene. Dit was duidelik vir my dat God inderdaad die eienaar van alles is, soos dit geskryf staan in Haggai 2:8, “Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.” Ek het verstaan dat God absoluut ryk is en dat alle rykdom in die wêreld aan Hom behoort. Ek het ook toe verstaan dat die hele wêreld in alle volheid aan ons God behoort, en dat hy dit wil gee aan al dié wie vra met geloof in hulle harte.

Die Heer sê, “Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.” (Psalm 2:8) Hierdie boek wat ons geskuif het na die pillaar toe, was só groot gewees dat indien ons `n bladsy wou omblaai, ons almal dié betrokke bladsy moes neem en oorstap na die teenoorgestelde kant van die boek om te kan omblaai. Ons het probeer om te lees wat in die boek geskryf staan, soos die Heer aan ons versoek het. Aan die begin was dit moeilik omdat dit geskryf was met ongewone letters waarvan ons geen begrip het nie. Dit was heeltemal verskillend van enige Aardse taal; dit was totaal en al Hemels. Met die hulp van die Heilige Gees, het ons die genade verkry om dit te kan verstaan. Ek kan dit vergelyk met `n verband wat ons oë af gehaal was, waarna ons die skrif kon verstaan; so duidelik soos ons eie taal.

Ons het gemerk dat ons al sewe se name in die boek geskryf is. Die Heer het ons vertel dat dit Boek van die Lewe is. (Openbaring 3:5) Ons het gemerk dat die name wat in die boek geskryf staan nie ons name is wat ons op Aarde gebruik word nie; hierdie name is ons nuwe name; wat lei dat die woord van God vervul word waar daar staan dat Hy vir ons nuwe name gee wat niemand anders ken nie, buiten dié persoon wie dit ontvang. (Openbaring 2:17)

Ons kon die name wat die Heer aan ons gegee het in die Hemel uitspreek, maar toe Hy ons terug gebring het Aarde toe was die name van ons geheue en harte verwyder. Die Woord van God is vir ewig en permanent, en dit moet vervul word. My vriende, die Bybel sê, (Openbaring 3:11) dat ons daarop moet let en waak dat niemand ons hemelse krone van ons ontneem nie, en ook moet oppas dat niemand die plek ontneem wat die Vader vir ons voorberei het nie. In die Hemel is wonderbaarlike dinge, so goed dat ons aan woorde ontbreek om dit te kan beskryf met ons monde. Maar ek wil tog aan jou iets met jou deel, “God wag vir jou!”. Dis egter net die mense wat vasbyt en volhard tot die einde toe wat gered sal word! (Markus 13:13)

 


--- (2e Getuienis, Ariel) ---

Toe ons begin het om op te vaar na die Koninkryk van die Hemel, het ons by `n pragtige plek opgeland met waardevolle deure. Voor die deure was twee Engele. Hulle het begin praat in `n taal van Engele, en gevolglik kon ons hulle nie aanvanklik verstaan het met wat hulle presies sê nie. Maar die Heilige Gees het ons begrip gegee om hulle te kan verstaan. Hulle het ons verwelkom. Die Here Jesus het Sy hande op die deure geplaas en dit het oop beweeg. Indien Jesus ons nie vergesel het nie, sou ons nooit toe toegang verkry het om in die Hemel te kan inkom nie.

Ons het toe begin om alles in die Hemel te waardeer. Ons het `n reuse boom gesien, die Bybel beskryf dit as die “boom van die lewe” (Openbaring 2:7) Ons het na `n rivier toe gegaan, met `n klomp visse. Alles was so verstommend dat ek en my vriende besluit het om in die water in te klim, en ons het naderhand onder die water begin swem. Ons het visse sien rondbeweeg, hulle het op `n speelse manier met ons liggame gereageer. Hulle het ook nie weg geswem soos wat gewoonlik op die Aarde sou gebeur nie; die teenwoordigheid van die Heer het hulle gekalmeer. Die visse het ons vertrou omdat hulle geweet het dat ons nie `n bedreiging vir hulle inhou of hulle wil seermaak nie. Ek was só geseënd en verstom dat ek `n vis aan sy stert gegryp het en dit uit die water gehaal het. Wat werklik verbasend vir my was is dat die vis heel rustig en stil-stil in my hand gehang het en steeds voortgegaan het om die teenwoordigheid van die Here naby my te waardeer. Ek het toe die vis terug geplaas in die water.

Jesus on the white horseEk kon daar in die Hemel in die verte wit perde uitmaak, soos geskryf staan in die Woord by Openbaring 19:11 "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid."  Daardie is die perde wat deur die Heer gebruik sal word wanneer hy gaan terugkeer Aarde toe om Sy mense te kom haal, sy Kerk. Ek het na die perde toe gegaan en begin om hulle te streel. Die Heer het my toegelaat om op een van die perde te ry. Toe ek begin ry, het ek iets beleef wat ek nog nooit op aarde beleef het nie. Ek het die vrede, die vryheid, die liefde en die heiligheid gevoel wat `n persoon kan beleef in daardie plek. Ek het alles geniet en begin om alles in te neem waarop ek my oë kon lê. Ek wou alles waardeer en geniet in daardie pragtige paradys wat die Heer vir ons berei het.

Ons kon ook die bruilofstafel sien, alles is alreeds op die tafel gereed. Dit het gelyk of die tafels geen begin of einde het nie. Ons het ook die stoele gesien wat vir ons berei is. Daar was ook die krone van die ewige lewe gereed vir almal om op te sit. Ons het die verruklikste kosse en disse gesien wat alreeds opgedien is, aan almal van dié wat uitgenooi is na die Huwelik van die Lam.

The banquet tableDaar was ook engele daar met dié wit materiaal wat vir die klere-uitrustings bedoel is wat die Heer vir ons laat voorberei. Ek het verstom na alles gestaar. Die Woord van God vertel vir ons dat ons die Koninkryk van God moet aanvaar soos klein kindertjies dit sal doen. (Matteus 18:3) Toe ons daar in die Hemel was, was ons soos kinders. Ons het alles begin geniet en waardeer daar; die blomme, die wonings… Die Heer het ons selfs toegelaat om in die hemelse wonings in te gaan.

Daarna het God ons na `n plek geneem met vele kindertjies. Die Heer was te midde van hulle en Hy het met hulle te gespeel. Hy het seker gemaak dat Hy genoeg tyd saam met elkeen van hulle spandeer en dit was duidelik dat hy dit baie geniet. Ons het nader beweeg na die Heer en vir Hom gevra; “Heer, is dit die kindertjies wat op die Aarde nog gebore moet word?” Die Heer het geantwoord; “Nee. Hierdie is die kindertjies wat geaborteer is op Aarde.”.  Met die aanhoor van dit, het iets binne my geruk.

Dis tóé dat iets my byval uit my verlede uit wat ek gedoen het voordat ek die Here leer ken het. By tye, was ek in `n verhouding met `n meisie, wie swanger geraak het. Toe sy my meegedeel het dat sy my kind verwag, het ek nie geweet wat om te doen nie en het voorlopig net vir haar gevra om solank te dink aan wat om te doen. Na `n kort tydperk verloop het, het ek na haar gegaan om haar te vertel wat ek besluit het, maar dit was reeds te laat omdat sy `n aborsie ondergaan het. Dit het `n vlek op my lewe gelaat. Selfs nadat ek die Here aanvaar het in my hart, was daardie aborsie steeds iets waarvoor ek myself nie kon vergewe nie. Maar God het op daardie dag iets laat gebeur, Hy het my toegelaat om daardie plek te betree en Hy het vir my gesê; “Ariel, sien jy daardie meisietjie daar? Sy is jou dogter.” Toe die Heer dit vir my sê, het ek gevoel hoe die wond wat ek al so lankal al in my siel rond dra, stadig maar seker gesond word. Die Heer het my toegelaat om nader na haar te beweeg en sy het na my toe gekom. Ek het haar in my hande geneem en het in haar oë gekyk. ‘n Woord het oor haar lippies gekom, “Pappa”. Ek kon die Heer se vergifnis ervaar en verstaan, en het geweet dat hy my vergewe het, al wat ek nog moes doen was om ook myself te vergewe.

Liewe vriend, of aan wie ookal hierdie getuienis lees, ek wil aan jou een ding vertel. God het jou alreeds vergeef vir jou sonde, dis nóú die tyd vir jou om ook jouself te vergewe. Alle dank aan God omdat hy my die kans gee om hierdie getuienis met jou te kan deel. Here Jesus, ek gee aan U alle eer en heerlikheid! Dié getuienis kom van die God af, Hy het dit toegelaat vir ons om hierdie openbaring te ontvang. Ek hoop dat elke een van ons wat dié getuienis ontvang, die seën van hierdie onthulling sal deel met vele ander mense.

Mag God jou seën. 

 

--- (3e Getuienis) ---

(Openbaring 21:4)

En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Nadat ons gearriveer het, het die grote deure vir ons oopgegaan, en het `n vallei vol blomme ons begroet. Die blomme was pragtig en het so heerlik geruik. Nadat ons begin stap het, het ons `n vryheid beleef soos nog nooit op Aarde nie. `n Vrede het ons harte gevul en terwyl ons na die blomme gekyk het, het dit ons opgeval dat hulle elkeen uniek was; elke blomblaartjie was verskillend en uniek met sy eie unieke kleurskakering.

In my hart het ek aan die heer gesê dat ek graag `n blom soos een van dié wil hê, en nadat Hy ingestem het, het ek nader gegaan en begin trek aan `n blom om dit te kan afpluk. Maar niks het gebeur nie, ek kon nie die blom uit die grond uit pluk nie. Ek kon nie eens die blom- of plantblare afpluk van die blom af nie. Dis toe dat die Heer die stilte verbreek het en het gesê, “Hier word alles in liefde gedoen.” Nadat die Heer aan die blom geraak het, het die blom as ware dit self oorgegee aan die Heer in sy hand. Toe oorhandig hy dit aan ons. Ons het aanhou stap en die reuk van die blomme het steeds saam met ons gegaan.

Ons het gearriveer by `n plek met `n stel pragtige deure. Hiérdie deure was alles behalwe eenvoudig, dit was geskep deur kunstige vakmanskap en het die kosbaarste gesteentes binne-in dit gegrafeer gehad. Die deure het oopgemaak na binne in `n vertrek wat vele mense daar in gehad het. Almal het heen en weer gehardloop en gehaas terwyl hulle besig was met allerhande voorbereidings. Sommiges het rolle glinsterwit materiaal oor hulle skouers gedra, ander het rolle goue garingweefsels gedra, en nog ander het tipes van borde met iets soos skilde in dit gedra. Almal was inderdaard baie haastig en besig.

Ons het aan die Heer gevra waarom daar so baie moeite en haastigheid aan die orde van die dag is. Dis tóé dat die Heer `n jongman met `n rol materiaal op sy skouer nader wink. Hy het nader gekom en na die Heer gekyk met groot bewondering en respek. Nadat die Heer vir hom gevra het om te verduidelik aan ons hoekom hy die materiaal by hom ronddra, het hy na die Heer gekyk en gesê “Heer, U weet waarvoor ons hierdie materiaal gebruik! Die materiaal word gebruik vir die klere-uitrustings van die vrygekooptes, die klere vir die belangrike Bruid.” Met die aanhoor van dit het ons groot vreugde en vrede ervaar. Openbaring 19:8 sê: “En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Toe ons uit daardie plek uitgaan het ons selfs nog meer vrede ervaar, omdat dit so pragtig was om te sien hoe die Heer self ook besig was om iets mooi vir ons te maak. Hy het die plek en tyd vir jóú want jy is belangrik vir Hom. Toe ons uit daai plek uitkom, het ons oë verdwaal geraak in al Hemelse detail. Dit was assof elke ding op sy eie lewe, en elke ding was daar om eer en heerlikheid en glorie te betoon aan God.

Jesus with the ChildrenDaarna het ons gekom by `n plek met miljoene der miljoene kindertjies van alle ouderdomme. Toe hulle Hom gewaar wou almal van hulle Hom `n drukkie gee, om meer van sy liefde te kan voel, want Hy is absoluut die middelpunt van hulle belangstelling, van elke kind daar. Ons wou huil toe ons sien hoe die Heer elke kindjie bederf het, hoe Hy elkeen gesoen het en hulle hande vas gehou het. Ons het gesien hoe die engele nader gekom met babatjies wat toegedraai is in linne. Die Liewe Heer het hulle vertroetel, aangeraak en het hulle `n soentjie op hulle voorkoppies gegee voordat die engele hulle terug geneem het saam met hulle. Ons het aan die Heer gevra hoekom daar so baie kindertjies daar is, en of daardie kindertjies aangestuur gaan word na die Aarde toe. Hy het geantwoord, “Nee, Hierdie kindertjies gaan nie Aarde toe nie! Hulle is die enetjies wat geaborteer is op die Aarde, wie se ouers hulle nie wou hê nie. Hulle is my kindertjies vir wie ek baie lief is.” Ek het my kop geknik en my stem het gebewe na ek die vraag aan die Heer gevra het.

Toe ek nog nie die Heer geken het en geweet het dat Hy die ware Lewe is nie, het ek foute gemaak en sonde gepleeg soos al die ander mense. Onder andere ingesluit by die sonde was dat ek `n aborsie ondergaan het. Daar was `n oomblik toe ek van aangesig tot aangesig met die Heer moes wees om uit te vind,”Heer, is die baba wat ek lank gelede laat aborteer het ook hier?”. Die Heer het geantwoord “Ja.”. Ek het eenkant toe geloop en dis toe dat ek `n pragtige klein seuntjie gesien het. Naby aan sy voete het `n engel gestaan.  Die engel het na die Heer geloer terwyl die seuntjie se rug na ons gekeer was.  

Die Heer het vir my gesê, “Kyk, daar is jou seun.”. Ek wou hom graag sien, dus het ek nader gehardloop na hom toe, maar die engel het my gekeer en met die hand en beduie dat ek eers moet luister wat die seuntjie te sê het. Hy het gepraat en na die ander kinders toe gekyk. Hy het aan die engel gevra, “Gaan my Pappa en Mamma een van die dae hierna toe kom?” Die engel het hom geantwoord terwyl hy na my kant toe kyk; “Ja, jou Pappa en Mamma is amper hier.”.

Ek weet nie hoekom daar aan my dié voorreg gegee is om te hoor wat ek gehoor het nie, maar in my hart het ek besef dat dit seker een van die grootste geskenke is wat die Heer aan my kon gegee het. Die klein enetjie het geensins met woede en pyn gepraat nie, miskien onbewus dat ons hom nie wou laat gebore raak nie. Hy het doodeenvoudig gewag met die liefde wat God in sy hartjie geplaas het.

Ons het aanhou stap, maar ek het dié prentjie van my seuntjie in my hart gekoester. Ek weet dat ek elke dag `n groot poging moet aanwend om te verseker dat ek wel eendag saam met hom gaan wees. Dus is daar nog `n rede om seker te wees dat ek daarnatoe gaan kom, want ek weet dat daar iemand is wat wag vir my in die Koninkryk van die Hemel.  Die Woord van God sê in Jesaja 65:19, "En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie."

Ons het toe by `n plek gekom met kleinerige berge, en die Here Jesus het nader gedans. Voor Hom was `n skare mense geklee in wit klere, en hulle het hulle hande gelig met groen olyftakke daarin. Soos wat hulle die takke gewaai het deur die lug, was daar olie wat vrygekom het. God het groot dinge ingedagte en voorberei vir jou! Dis nóú die tyd om jou hart voor Hom bloot te lê.

God seën jou.

 

--- (4e Getuienis) ---

In die Koninkryk van die Hemel het ons wonderlike dinge gesien soos God se woord daarvan getuig in 1 Korintiërs 2:9maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.”

Toe ons in die Koninkryk van die Hemel arriveer het was alles so skouspelagtig en wonderbaarlik om te sien; so baie grote dinge en ook die ervaring om die heerlikheid van God te ervaar was wonderlik. Dit was so spesiaal, `n plek met vele kindertjies. Ons kon sê dat daar sekerlik miljoene kinders bymekaar was daar.

Ons het kinders van verskillende ouderdomme gesien, Die Hemel was verdeel in afdelings. Ons het `n tipe van `n kinderhuis gesien waarin kinders gebly het van ouderdomme van twee tot vier jaar oud. Dit het ons verder opgeval dat die kinders van die Koningkryk van die Hemel groot word en opgroei. Daar was ook `n skool waar kinders opgelei en geleer word in die Woord van God. Die onderwysers was engele gewees en hulle het die kinders onder andere geleer om lofliedere te sing en ook om die Here Jesus se naam groot te maak.

Nadat die Here Jesus gearriveer het, het ons sy intense vreugde waargeneem. Alhoewel ons nie sy gesig kon sien nie, was ons bewus van sy grote glimlag, wat omtrent die hele plek gevul het. Toe Hy arriveer, het al die kinders op Hom afgehardloop gekom. Te midde van die skare kindertjies was Maria, die moeder van die Here Jesus Christus hier op Aarde. Sy was `n beeldskone vrou gewees. Sy was geensins op `n troon nie en niemand was besig om haar te aanbid nie. Sy was daar as een van die vrouens in die Hemel, en soos al die ander mense van die Aarde af moes sy haar saligmaking verdien het. Sy het wit klere aangehad, met `n goue band om haar middel, en haar hare was so lank dat dit omtrent by haar middel gekom het.

Op Aarde, het ons na vele mense geluister terwyl hulle vir Maria as die moeder van Jesus aanbid het, maar ek wil graag vir julle sê wat God hieroor sê, “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Johannes 14:6) Die enigste weg na die Koninkryk van die Hemel is deur Jesus van Nasaret.

Ons het ook opgelet dat daar geen son of maan was nie. Die Woord van God sê in Openbaring 22:5En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

Ons kon die heerlikheid van God sien. Ons vind dit werklik baie moeilik om die gruwels van die hel weer te gee, maar om die hemelse dinge weer te gee wat ons gesien het en die perfeksie van ons Maker is selfs nog moeiliker om te doen. Terwyl ons daar was wou ons orals heen hardloop om alles te kan waarneem en sien. Ons kon op die gras lê en die heerlikheid en glorie van God ervaar. Die sagte gefluit van die windjie wat oor ons gesigte gestreel het was iets besonders en was wonderlik gewees.

In die middel van die lug, het ons `n reuse goue kruis gesien wat van suiwer goud gemaak was. Ons glo dat dit nie `n simbool vir afgodery gemaak is nie, maar eerder `n simbool wat wys na die dood van Jesus aan die kruis wat die weg is na die Koningkryk van die Hemel.

Ons het voortgestap deur die Hemel. Dit was mees fasinerend om tesame met die Here Jesus te kon loop. Dis daar wat ons verseker weet wie die God is wat ons dien… dis Jesus van Nasaret. Baie van ons hier op Aarde dink dat die God daarbo bloot net wag en waneer ons sonde pleeg sodat hy ons kan verdoem tot die hel. Maar die realiteit is heeltemal anders. Ons het die ander kan van Jesus ervaar, Jesus as `n vriend; `n Jesus wat huil waneer jy huil. Jesus is `n God van liefde, meegevoel en genade; Hy neem ons in sy hande om ons te help om voort te gaan in die weg van saligmaking.

Die Here Jesus het ons ook toegelaat om `n persoon uit die Byble te ontmoet. Ons het Koning Dawid ontmoet, die Koning Dawid wat in die Skrif genoem word. Hy was `n aantreklike man wat lank is en sy gesig straal met die heerlikheid van God. Die hele tyd wat ons in die Hemel was het Koning Dawid gedans voor die Here terwyl al die eer en heerlikheid aan God gee.

Aan dié wat hierdie getuienis lees wil ek graag sê dat die woord van God sê in Openbaring 21:27En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.” Ek wil ook sê dat slegs die moediges die Koningkryk van die Hemel sal aangryp.

God seën jou. 
 

--- (5e Getuienis) ---

(2 Korintiërs 5:10)
Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

New JerusalemIn die Koninkryk van die Hemel kon ons die nuwe Jerusalem sien waarvan die Bybel vertel in Johannes 14:2In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.” Ons kon die stad sien en dit betree; dis werklik en dis `n wonderlike stad! Jesus het daarna toe gegaan om daardie wonings vir ons voor te berei.

In die stad het ons opgemerk dat elke woning die eienaar se naam daarop geskryf gehad het voor die huis. Die stad is tans nog onbewoon, maar dit is reeds gereed vir ons. Ons was toegelaat om in die huise in te gaan om te gaan kyk na alles wat binne is. Maar later nadat ons die stad verlaat het, het ons vergeet wat ons gesien het in die stad, al daardie herinneringe is weggeneem van ons. Wat ons wel kan onthou is dat die pilare van die huise geplatteer is met kosbare metale en verskeie kosbare gesteentes is ingelê in dit. Daar was suiwer goud in die pilare.

Die goud van hierdie stad is oos die Bybel dit beskryf, amper deurskynend en so blink. Die goud op die Aarde kan nie vergelyk word in terme van luister en skoonheid met die Hemelse goud nie.

Na dit was ons geneem na `n plek met baie houers. Binne in die houers was gekristalliseerde trane. Dit was die trane wat die kinders van God gestort het op Aarde. Dit was nie trane van beswaringe en klagtes nie, maar die trane wat mense gestort het in die teenwoordigheid van God; Trane van verootmoediging of trane van vreugde. God hou dié trane as `n kosbare skat in die Hemel, net soos daar in Psalm 56:8 genoem is; “U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?

Ons het ook by `n plek gekom waar daar vele engele bymekaar was. Alhoewel ons vele soort engele in die Hemel teegekom het, het hierdie plek bloot net een spesiale tipe engel gehuisves. Ons het gesien dat Jesus `n spesifieke engel vir elke persoon het wat naby ons bly vir ons hele bestaan op Aarde. Daarna het hy ons voorgestel aan die ons engele wat aan ons toegeken is.  Hy het hulle eienskappe aan ons gewys, maar het versoek dat ons dit nie met ander moet deel nie.  Ons lees in Psalm 91:11, "want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë."

Daarna het ons by `n plek gekom met vele sluitkassies, met baie verskillende soorte blomme binne in. Sommige blomme was oop, pragtig en stralend. Maar ander was verlep gewees, en nog ander was selfs verdroog. Ons het Jesus gevra wat die betekenis is van dit? Hy het geantwoord, “
Dis omdat die lewe van elk van julle soos een van dié blomme is.” Hy het toe een van die stralende blomme geneem en gesê; “Dié blom dui op die kondisie van die verhouding wat jy met my het.” Hy het daardie blom neergesit en `n ander geneem wat verlep was. Hy het gesê, ”Kyk, dié persoon is teneergedruk want hy / sy beleef `n moeilike tyd of ‘n proeftydperk. Daar is iets in dié lewe wat die verhouding met My belemmer. Weet jy wat ek doen om hierdie blomme weer helder en gesond te kry? ” Dis toe dat hy die blom in sy hand neem en sê, “Ek stort my trane oor hulle en maak hulle weer reggop.” Op `n besonder kragtige manier het ons gesien hoe die blom weer lewe kry en die kleure weer helder uitkom. Daarna het hy een van die verdroogde blomme geneem en dit in die vuur gegooi en gesê, ”Die persoon het my geken maar het weggeloop van my af. Nou verdroog hy sonder my en word dan na die vuur gegooi.” (Johannes 15:5-6)

Toe ons daar weg is, het ons `n pragtige kasteel baie ver in die verte gesien. Niemand het dit gewaag om naby aan die kasteel te gaan nie, en ons het geglo dat dit is waarvan die skrif praat in Opoenbaring 22:1, " En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam."  Ons glo dat die kasteel heelmoontlik naby die troon van God geleë is.

Terwyl ons al die dinge ervaar het in die Koninkryk van die Hemel, het ons so baie vreugde in ons harte gehad, asook `n vrede wat alle verstand te bowe gaan. (Filippense 4:7) “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

 

 

--- (6e Getuienis) ---

(Lukas 22:30)
"
sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel."

In daardie asemrowende plek het God ons toegelaat om die allermooiste lokaal gesien waar die bruilof van die Lam gehou sal word. Ons het `n reuse troon gesien met twee stoele in suiwer goud en kosbare gesteentes wat nie eers bestaan op aarde nie. Voor die kollosale troon was `n tafel wat geen begin of einde gehad het nie met wit tafeldoek bo-oor. Dit was so wit dat die helderheid van die wit met geen wit op Aarde vergelyk kan word nie.

Alle soorte van die mees voortreflikste, verfynde kosse was gedek op die tafel. Ons het druiwetrosse gesien met druiwekorrels so groot is soos lemoene, en die Here Jesus het ons selfs toegelaat om aan sommige van dit te proe. Ons kan steeds onthou hoe dit gesmaak het, dit was iets wonderbaarlik! My broer en vriend, jy kan nie eers jouself voorstel al die dinge wat in die Koninkryk van die Hemel voorkom nie, en wat God reeds vir jou voorberei het nie. (1 Korintiërs 2:9)

Ook oop die tafel, het God ons toegelaat om die brood “Manna” te sien. Dis die brood waarvan God ons in die skrif van vertel. Ons was selfs toegelaat om die smaak van dit te geniet tesame met die ander wonderlike dinge wat nie op die aarde bestaan nie.

Al hierdie dinge wag vir ons as ons onbederfbare erflating in die Koninkryk van die Hemel. Ons sal die mees verstommende luukse en verruklike kosse geniet as ons die Koninkryk van die Hemel beërwe. Ons gaan verstom wees oor die stoele wat geplaas is aan beide kante van die tafel. Hierdie pragtige stoel het name gekryf gehad op elkeen van hulle. Ons kon heel duidelik ons name op die stoele lees, alhoewel ons name nie meer dieselfde was soos wat dit op Aarde was nie. Hulle was die name wat niemand anders as onself sal ken nie. (Openbaring 2:17)

Wat geskryf staan in die Woord van God het ons verbaas, “Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.” (Lukas 10:20) Daar was werklik `n klomp stoele gewees! Daar is meer as genoeg spasie vir almal van dié wat wil kom na die Koninkryk van die Hemel. Daar was ook stoele gewees wat weg geneem is van die tafel af. Dit beteken dat daar mans en vroue is wat moeg geraak het om God te dien, en hulle name is uit die Boek van die Lewe verwyder, hulle is verwyder van die bruilof van die Lam.

God het ons ook toegelaat om manne van die Bybel te sien, die wonderlike heiliges waarvan ons lees in die skrif. Ons was verstom om Abraham te sien. Abraham was `n ouderling, maar nie in liggaam en voorkoms nie. Hy was `n ouderling as gevolg van die wysheid wat hy gehad het. Sy hare was geheel en al wit gewees, waar elke haar voorgekom het of dit bestaan uit glas of uit sigmente gemaak van diamant. Wat ons selfs meer verstom het was dat hy selfs jonger as ons was. In die Hemel, sal almal van ons vernuwe en jonk wees. Ons was ook verbaas deur sy woorde. Abraham het ons iets vertel wat ons nooit sal vergeet nie. Hy het ons verwelkom by die Koningkryf van die Hemel en het gesê dat ons binnekort daar sal wees in daardie plek, want die koms van die Here Jesus Christus kom inderdaad baie vinnig nader.