×
Home: Mobile Home: Original Style What's New MP3 Bible Jewish Stories X-Witch X-Muslim Bible Movies Gospel Videos Godly Movies CBN Videos Random Video
  Kat Kerr   Anna Rountree   Mary Baxter   Several #1   Several #2   Choo Thomas   Ian McCormack   Burpo   I saw His Glory   7 Colombian Youths   Heavenly Blood   Heaven Testimonies
  Lazarus   Bill Wiese   Mary Baxter   Dr. Rawlings   J. Perez   Hepzibah   Ptr. Park   7 Columbian Youths
  Atomic Prayer   Prayers that ROUT demons   Warfare + Blessing   Healing   Declaration   101 Decrees   Tongues   Rosary   Artic Fire   Why Should We Pray?   Why Bother
  MP3 Bible   10 Commandments   Learn Bible in 24 Hours   40 Spiritual Lessons   Alpha   Foundations   Bible Commentaries   Book of Mormon   Temple Study   Red Letters   Divine Healing Training   God Story   Gap Theory   Creation to Christ   Book of John   Kids Bible Cartoons   Derek Prince Teaching   Jesus Film   Digital Bible   Bible Codes ELS
  Passion of Christ   New Jesus Film   Introduction   Names of God   Jesus IS...   Jesus Film   That's My KING   Father's Love Letter   Celestial Hug
  Warfare Training 1   Warfare Training 2   Casting Out demons   Combat   Examples   Warrior King   Exorcism   Prayer   Ask Him   demonology   Clarita   NUWI
  Final Quest   The Call   Tommy Hicks   3 Days   Angel Song   The Prison   H.A.Baker
  Best #1   Best #2   Spiritual Food   Generals   Ramirez   Bishop Kelley   Gary Wood   Roland Buck   Rees Howells   Baptized by Fire   Sid Roth   Todd White   Gary Beaton   Victor Marx   Akiane   Theo Nez   Nun's Story   Retha McPherson   Tomas Welch
  Booth's Vision   Frank Jenner   Hell's Best Kept Secret   EE-Taow   Manifesting Power   LivingWaters   Atheist Delusion   Using AI for Jesus   Sharing w/ Muslims   Sword + Serpent
  Revival Hymn   Jesus in China   Freemason Curruption   Modern Child Sacrifice   the WAR on Children   XGay   Transformations   Ark of Covenant   Soul Ties   Last Reformation   Noah's Ark Found   Does GOD Exist   Political Issues   Fake Mountain   7 Mountains   ID vs Evolution   Bible Science   American History   China Records   Case: Creator   Case: Christ   Case: Faith   Little Lessons   Deadly Mistakes   Enemies Within   Chinese Characters   Global Warming   The Final Frontier   Understanding Israel   Testing Joseph Smith   Targeting Kids
  X-Muslim   Journey of Hope   Islam Rising   ACT   Jihad   Best Muslim Story   Enemies Within   Answering Islam   Killing for Heaven   Killing the Infidel
  Downloadable MP3 Worship Music   Online Worship Music  DivineRevelations University   Free Posters   Christian Pictures   Kids Christian Cartoons   Bible Trivia   End Times Visions   Fractal Praise   Communion Verses   Bobby Conner   Brother Yun   Civil War   Prayer Tank   Fiscal Cliff   Understanding Economics   Who takes the Son   Christian GPTs
  All Languages   Afrikaans   Albanian   Amharic   Arabic   Bengali   Bulgarian   Burmese   Cambodian   Catalan   Chinese   Czech   Danish   Dutch   Farsi   Finnish   French   German   Greek   Gujarati   Hausa   Heberw   Hindi   Hungarian   Indonesian   Italian   Japan   Kannada   Khazanah   Korean   Laos   Malagasy   Malayalam   Malaysian   Marathi   Mongolian   Nepali   Norwegian   Oriya   Polish   Portuguese   Punjabi   Romanian   Russian   Somali   Samoan   Serbo_Croatian   Sinhala   Slovak   Slovenian   Spanish   Swahili   Swedish   Tagalog   Tamil   Telugu   Thai   Tongan   Turkish   Ukrainian   Urdu   Uzbek   Vietnamese
 About  Disclaimer  Phone# USA 425-610-9216  [email protected]
Follow on YOUTUBE  YouTube Follow on Facebook  Facebook Follow on X/Twitter  X/Twitter Follow Podcast RSS  Podcast  RSS Follow on Instagram  Instagram Follow on TikTok  TikTok
  PDF Library   Believer's Authority   Heavenly Man, Yun   Torch + Sword   The Harvest   Faith Shoemaker's Vision   Daughter of Sacrifice
For New Believers Something Funny... 2nd Page, Older Material
×






Menu / Home
Menu / Home
Christian Website Christian Video Passion of the Christ Gospel Go The Jesus Film 4 Spiritual Laws Thru the Bible
Openbarings oor die Hemel en die Hel  aan 7 Kolumbiese Jeugdiges          Passion Book        

Die Hemel is ‘n Werklikheid
by Choo Thomas
Afrikaans.
Heaven is so Real, Video Documentary Transcript
Translation help thanks to Pieter Muller & Louwrens Marais
Full E-Book DOC PDF   DOC  Videowmv, 99mb Main/English

Gedurende 1992: Deur Choo Thomas - `n Koreaans-Amerikaanse, wedergebore Christen vrou wat haar unieke verhaal vertel van waar sy, twee jaar na haar bekering deur Jesus van Nasaret besoek is.

Jesus Christus het later vir Choo Thomas verskeie kere na die Hemel vergesel, en het ook aan haar die Hel op twee verskillende geleenthede gewys.

Choo Thomas het ‘n boek oor haar ondervindings geskryf;

Die boek se naam is Die Hemel is ‘n Werklikheid en is gedurende Oktober 2003 gepubliseer. (In die Engelse taal staan dit bekend as “Heaven is so real”)

Binne ‘n jaar na die publikasie, het die boek ‘n internasionale blitsverkoper geword en was ook onder andere een van die top tien Christelike Charismatiese boeke te koop gewees in die Verenigde State.

Hoe kan ‘n eenvoudige huisvrou, wat beperkte Engels praat, nie net alleenlik ‘n boek publiseer nie, maar selfs binne ‘n jaar na die publikasie, ‘n internasionale blitsverkoper op hande hê? Of miskien nog `n meer belangrike vraag: Hoekom juis hierdie openbarings, juis op dié oomblik in tyd?

Die Hemel is `n Werklikheid - ‘n Ware getuienis deur Choo Thomas.

“Hemelse Vader, dankie dat U my toelaat om te getuig. Halleluja!”

“Ek is sedert 1992 ‘n Christen, toe ek regtig so lief geraak het vir Jesus nadat ek ‘n paar maal kerk toe was en toe ek elke area van my wese aan Hom wou gee vir die res van my lewe. “

“Ek wil kortliks gesels oor ‘n boek met die naam van Die Hemel is ‘n Werklikheid”. Die Here Jesus Homself het my Hemel toe geneem op sewentien verskillende geleenthede met my getransformeerde liggaam, soos ek gelyk het toe ek omtrent 15 of 16 jaar oud was.”

“Voor dit, het Hy alles vir my stap-vir-stap voorberei. In 1994 het Hy my hele liggaam gesalf met die Heilige Vuur, toe omtrent ‘n maand later, het hy aan my verskyn toe Hy met Sy sigbare teenwoordigheid by die kerk gedurende ‘n lofprysingsdiens was.”

“Toe in 1995, op Paas Sondag, het Hy my bewende liggaam gesalf en van toe af bewe my liggaam gedurende kerk en ook gedurende my bidtyd. Soos jy kan sien - beweeg my liggaam so heen-en-weer op die oomblik, Indien ek dit nie doen nie, word my maag geweldig gespanne, en dit voel of dit kan ontplof; dis hoekom ek so heen-en-weer beweeg. So moet asseblief nie dink dat daar iets fout is met my liggaam nie. Dis die Heilige Gees wat dit doen, terwyl ek oor Jesus praat.“

“En toe, na dit, het Hy my met die Heilige Gees gedoop, met die spreek van nuwe tale, hemelse liedjies en ‘n heilige gelag. En ek was so onder die invloed van die salwing, dat ek vir drie ure buite aksie op die vloer was. Ek kon nie opkom nie omdat die salwing só kragtig was.”

“Na dit, ‘n paar maande later, het pastoor Larry Randolf oor my geprofeteer. Hy het vir my gesê dat God my op so ‘n spesiale manier wil gebruik.”

“Al sy profesieë het bewaarheid geword, ‘n duisend maal, of selfs meer.”

“Na dit, in Januarie 1996, het die Here Jesus my besoek met Sy sigbare teenwoordigheid by my. Hy het my 10 maal besoek daar om vir my te sê dat Hy my gaan gebruik, en het Hy al Sy planne met my gedeeel, soos wat in die boek staan.”

“Maar Hy het nie vir my aanvanklik gesê dat Hy my Hemel toe gaan neem nie. So, na 10 besoeke by my, op 19 Februarie 1996, het Hy begin om my Hemel toe te neem, in my hemelse liggaam. Soos wat Sy Geestelike liggaam was, was my liggaam ook gewees.”

“Elke keer voor Hy my Hemel toe neem, het Hy my eers na `n Aardse strand toe geneem. Die heel eerste maal voor Hy my Hemel toe geneem het, het Hy my na een deel van die strand toe geneem en aan my ‘n klein stukkie met kristal helder water gewys. Daarna het Hy my ‘n reusagtige tonnel gewys. En na dit het Hy my hemel toe geneem.”

“Na ons deur die tonnel gegaan het, het ek en die Here met die pad langs geloop wat van die heuwel af gekom het. Ons het uiteindelik by ‘n reusagtige wit hek gekom wat voor ‘n groot wit gebou was. Ons het deur die hek geloop en verder gegaan na die wit gebou toe.”

“Ons het in gegaan en in ‘n lang gang afgeloop oppad na ‘n baie groot vertrek toe, wat ons toe betree het. Toe ek afkyk ondertoe, besef ek vir die eerste maal dat ek toe ‘n ander kleed aan gehad het as toe ek op die strand was, en ek kon voel dat iets swaar op my kop gerus het.”

“Ek het my hande uitgesteek en ontdek dat ‘n pragtige kroon op my kop gesit was, sonder dat ek dit besef het. Dis tóé dat ek direk na die Here gekyk het.”

“Hy het op ‘n troon gesit en Hy het ‘n glansryke mantel en ‘n goue kroon gedra. Ander was daar saam met my, al knielend op die vloer en hulle het hulself uitgestrek voor Hom. Die mure van die vertrek het bestaan uit groot skitterende stene wat gegloei het. Die veelkleurige stene het aan die vertrek ‘n warm en vrolike effek verleen wat terselfde tyd ook geheimsinnig was.”

“Toe, net so vinnig as wat ek teen die berg op begelei is en in die wit gebou in gegaan het, het ek myself weer op die strand bevind.”

“Die heel eerste keer het Hy my net Sy troonkamer gewys. Daarna het ons van die hemel af gekom en het ons weer op die aardse strand gesit.”

“En toe het Hy begin praat. Hy het gesê dat ons nou so pas na die Koninkryk van die Hemel toe was. Die enigste persone wat soontoe sal gaan is die wat gehoorsaam en rein van hart is. “

“En Hy het gesê “Verkondiging van die evangelie is baie belangrik.” en toe het Hy ‘n rukkie gewag. Hy het gesê dat dié wie nie hulle tiende gee nie, ongehoorsame Christene is.”

“Dit was die laaste woorde aan my wat Hy gesê het tydens Sy eerste besoek.”

Choo het daarna die Hemel op nog 16 geleenthede besoek, en in elk van hierdie besoeke skryf sy:

“In my getransformeerde liggaam het ek saam met die Heer op die strand gestap. En dan het Hy my na die Hemel vergesel. Ons het deur die pêrelhekke gestap en na die wit gebou gegaan om ons klere te verander. Na ons verkleë het, het ons oor die goue brug gestap.”.

“Dit alles het so natuurlik vir my begin word. Elke gelowige, ek is seker van dit, sal deur dieselfde prosedure gaan wanneer hy of sy hemel toe gaan.”

“Na dit het Hy my nog 16 maal hemel toe geneem. Elke keer as Hy my soontoe geneem het, het Hy aan my verskillende dinge uitgewys. En wanneer Hy my spesiale dinge gewys het, het Hy altyd gesê “Ek het dit vir My kinders voorberei. Ek weet waarvan hulle hou.”. Soos die keer toe Hy my die strand gewys het, het Hy gesê “Sien jy dogter hoe pragtig hierdie strand is? Ek weet My kinders sal van die strand. hou.” en Toe het Hy my geneem om te gaan visvang. Hy het gesê: “Ek weet My kinders hou daarvan om vis te vang, dis waarom Ek soveel dinge waarvan hulle hou vir hulle voorberei het.””

“En ek het besef dat dit ‘n duisend keer mooier in die Hemel is as op Aarde. Maar daar is ook baie dinge soos op Aarde, byvoorbeeld paaie, geboue, bome, bosse, rotse, blomme, ongerepte gedeeltes buite die Koninkryk.”

“Daar is net soveel dinge daar; maar hulle is net ‘n duisend maal mooier as die Aardse dinge, net te pragtig.”

“Die prag van die Hemel is onbeskryflik, ek kan nie eers beskryf hoe mooi hulle is nie, dis net eenvoudig pragtig.”

“En toe het ek besef hoe lief Jesus vir elkeen van ons is. Die manier waarop Hy met my gepraat het en vir my gesê het: Jy sien hoe lief is Ek vir my kinders en Ek het alles vir My kinders gedoen.””

“Dit is hoekom Hy my soontoe geneem het, om vir my te wys wat Hy vir Sy kinders voorberei het, sodat elkeen van ons weet wat in die hemel vir ons wag. Dus, voor Hy kom, wil Hy hê dat die Christene hiérdie dinge moet weet, sodat hulle opgewonde kan wees om sóóntoe te gaan. Dit is hoekom ek dink waarom Hy aan my hierdie dinge gewys het.”

“Hy het nie alles aan my deeglik uitgelê en verduidelik nie, jy weet, Hy het net sekere definitiewe dinge aan my uitgewys.”

“Hy het in baie min woorde, slegs die noodsaaklikste woorde met my gesels.”

“Dit is die Liefdevolle God wie Hy is. Prys U Here!”

Buiten om die Hemel te ervaar, is Choo ook op twee geleenthede die Hel gewys. Hieroor skryf sy:

“Ek kon dampe en donker rook sien opstyg uit ‘n baie diep put.”

Dit was soos die krater van ‘n vulkaan gewees.”

“En binne-in kon ek vlamme sien wat ‘n menigte mense verskroei terwyl hulle skree en huil op `n manier soos wanneer persone marteling ervaar as hulle verbrand word.”

“Die mense binne in die krater was naak, sonder enige hare en het naby aan mekaar gestaan, al wriemelende soos wurms, terwyl vlamme hulle liggame verskroei en gebrand het.”

Daar was geen ontvlugting vir dié wie in die put was nie – sy mure was te hoog vir hulle om uit te klim en die warm kole van die vuur was reg rondom, aan al die kante gewees.”

“Al het die Here dit nie aan my gesê nie, het ek geweet ek staan op die rand van die Hel. Alles wat Hy my ookal andersins in die Hemel gewys het was sulke opwindende en ontsagwekkende dinge gewees, maar daarna het Hy my die hel gewys. Hy het my hel toe geneem. Die eerste ding wat ek binne-in gesien het was die vuur, alhoewel dit ‘n eindelose diep, donker gat was.”

“Mense was naak en sonder hare. Hulle het geen hare en geen klere aangehad nie, almal was kaal. Hulle het so naby aanmekaar gestaan. Dit het gelyk of hulle teen mekaar gestaan het omdat hulle van die vuur af wou wegkom. Elke keer as hulle beweeg, het die vuur hulle gevolg, heen-en-weer, heen-en-weer, die hele plek was vol vuur, hierdie mense het so naby aanmekaar gestaan.”

“Hulle was in soveel pyn en het so ongelukkig gelyk. Ek kon nie help om so baie oor hulle te huil nie. Toe die Here my ‘n tweede maal soontoe geneem het, het ek dieselfde mense weer `n keer weer gesien.”

“Toe het ek stemme gehoor en in daardie rigting in gekyk. Daar was so baie Oosterlinge daar. En hierdie een dame, sy het na my gewaai en geskree dat dit so warm is, so warm. Ek het na haar gekyk en ons oë het mekaar ontmoet.”

“Dit was my moeder. Toe ek besef dat dit my Ma was het my hart ineen gesink en ek het begin huil.”

“Ek het nog nooit soveel pyn ervaar nie, net pyn. So pynvol, dat ek nie geweet het wat om te doen nie. Sy het net bly sê dis warm, so warm, en sy het aangehou om vir my te waai.”

“Terwyl ek dit gesien en beleef het, wou sy gehad het ek dat ek moet afgaan in die krater in om haar te probeer uithelp.”

“Toe kyk ek na ander mense en daar was my Pa, my Stiefma, my jong nefie. Hy is baie jonk oorlede. En ook twee vriende wat ek geken het.”

“Ag, dit was sulke pynvolle herinneringe dat ek net aanhou huil en huil het, toe het die Here Jesus my gesê “Dogter, Ek het ‘n goeie rede dat ek jou hierdie dinge wys. Ek kry meer seer as wat jy kry.

Ek sê toe vir Hom: “Here, my Moeder, sy is vroeg dood, sy was siek vir ‘n baie lang tyd. Ek dink nie sy was ‘n slegte persoon nie.”

Hy sê toe: “Dit maak nie saak oor hoe goed mense was nie, maar dié wie My nie ken nie, dis al plek waarheen hulle gaan...”

Maar in my hart het ek gesê: “Hoekom wys U dit vir my deur my op hierdie manier so seer te maak?”

“Ek het daaraan gedink, maar ek kon nooit kwaad wees vir Hom nie. Ek kon nie Sy gesig sien nie, maar ek het geweet Hy huil saam met my. Ek het dit bloot gevoel. Hy het so ongelukkig gelyk, toe het Hy aan my kop geraak het en toe my hand gevat. Ons het daar uitgeloop en ek het die hele tyd gehuil terwyl ons loop. Wel, in die boek deel ek dié, besonderhede. So, toe, met die volgende besoek het Hy my nog ‘n ander tragiese ding gewys.”

“Dit was geaborteerde babas. Hy het my na hierdie een plek geneem. Dit was ‘n reusagtige gebou. Dit het na ‘n pakhuis gelyk amper. Toe ons instap het ek net babas oral gesien. Kleine, kleine kaal babatjies wat langs mekaar gelê het. Toe het ek begin huil. Here, hoekom was daar soveel babas?”

“Hy het gesê dat hulle geaborteerde babas was. Ek het gesê: “Wat gaan U met hulle doen?” Hy het gesê dat as hulle ma’s gered word en hulle kom hemel toe, dan kan hulle hulle babas terug neem.“

Tydens haar 17de uitstappie Hemel toe, het Jesus aan Choo gesê dat dit haar laaste besoek sou wees na die Hemel vir die tydperk wat sy nog op Aarde gaan bly.

Hieroor skryf sy:

“Sy woorde het my diep geroer. My hart het eintlik gepyn met al die liefde vir my Here. Hy het opgestaan en ek het geweet dat dit tyd was om te gaan. Ek het voortgegaan om te huil, maar my hart was opnuut verseker met die wete dat ek vir ewig saam met die Here sal wees en dat Hy altyd by my op die aarde ook is.”

“By die kleedkamer, het ‘n engel van die Here my omhels. Dit was so verfrissend om in ‘n plek te wees waar soveel liefde is, en waar medelye en begrip altyd teenwoordig is.”

“Namate ek ander klere aangetrek het, het ek vermoed dat beide Abraham en die engel daar geweet het dat dit my laaste besoek aan die hemel sou wees vir eers.”

“Toe ek uit die aantrekkamer loop, het die engel my weereens gedruk. Hierdie engel het blonde hare gehad, met `n vloeiende, wit mantel en met ‘n warm, saggeaarde gesig. Die engel het vir my geglimlag terwyl ek na die Here toe gestap het.”

“Toe die Here Jesus my die 17de keer hemel toe geneem het, het Hy aan my wolke gewys. Dit was die einde aan my hemelse besoeke.”

“Die Here Jesus het aan my gesê: “Dit is die laaste keer wat jy hier is. Ek sal jou nie hiernatoe bring voor die laaste dag nie.””

“Ek het gevoel dat ek dit reeds geweet het dat dit die laaste dag was.”

“En ek het begin huil, want ek wou nie van daar af weggaan nie. Ek het Sy arm vasgehou en gevra: “Heer, asseblief, moenie my laat gaan nie. Ek wil nie gaan nie, want ek wil oor en oor hierheen terugkom.””

“Dit was baie, baie hartseer vir my dat ek nie meer soontoe kan gaan nie.”

“Elke keer as ek saam met Hom Hemel toe was, het ek soms treurige dinge aanskou, maar aan die ander kant was daar ook die vreugde en vrede wat ek wat ek saam met Hom ervaar het, wat werklik onbeskryfbaar is.”

“Selfs toe ek ongelukkig was, het ek steeds die vreugde in my hart gehad, en ook die vrede. Daar was soveel liefde, ek het menige dae oor dit gehuil wanneer ek terug gedink het. Die Bybel praat van `n dag wanneer Jesus Christus weer sal terugkom vir Sy Kerk.”

In 1 Tessalonisense 4:16 staan:Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

“Dit staan bekend as “Die Wegraping””

“Na al hierdie dinge, omtrent twee weke later, het die Here Jesus my saam met hom na die strand geneem in terwyl ek in my geestesliggaam was. Ons het op ons gewone plek gesit en vir ‘n rukkie gesels. Hy het gesê: “Ek wil jou iets wys.””

“Die oomblik toe Hy dit gesê het, het ek my visioen-stem gehad. Elke keer wanneer Hy my iets spesiaals gewys het, praat ek in my spesiale visioen-stem. Dit kom diep uit my liggaam, uit my maag uit. Dit was so hard en hierdie visioenstem het vir ‘n lang ruk by my gebly.”

“Ek kon geluide hoor, sulke harde, harde geluide, Ek het gevoel of die hele wêreld ineen tuimel, sulke harde geluide, net aaklige geluide. Toe ek kyk was die hele lug wit gewees met mense in wit togas wie oral heen gevlieg, hulle het van oral oor gekom dan verdwyn en dan weer uitgekom, die lug was gevul met mense.”

“Ek het toe besef dis die Wegraping! Ek het gelag, gehuil, geskree, was so opgewonde!”

“En toe het ek my kleindogter gesien. Sy was, toe ek die visioen gehad het net tien maande oud, sonder enige hare.”

“In die visioen het sy skielik deur die venster gevlieg soos vanuit die kamer uit. Toe, met wit klere aan en met haar hare wat toe op haar skouers gehang het. Jy kan dink hoe opgewonde ek was.”

“Die volgende oomblik het ek my ander kleindogter gesien, Sy was eintlik in werklikheid net vier maande oud tydens die visioen in die werklike lewe en tyd en sy ook het nie hare gehad nie. Maar in die gesig het sy net soos die ander kleindogter by die venster uitgevlieg met haar wit klere wat sy aangehad het. Ook haar hare was skouerlengte gewees.”

“Ek het geskree, gehuil, gelag, ek was so opgewonde. Ek was nog nooit voorheen so opgewonde gewees nie, net opgewonde, ek is seker die hele huis kon dit hoor.”

“Dit was eintlik goed dat my man nie by die huis was toe ek die gesig gesien het nie. As hy daar was sou hy sekerlik gedink het dat daar iets fout is met my.”

“Na dit het God my ‘n ander toneel gewys. Hierdie toneel was baie tragies. Dit was aaklig. Die Bybel praat ook van ‘n tyd van groot verdrukking, kort na die Wegraping In Matteus 24: 21-22 sê Jesus: Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

“Dit staan bekend as “Die Groot Verdrukking””

“Wel, na dit, het die Here Jesus my ‘n ander visioen gewys. Dit was oor die mense wie agtergebly het. Ek glo dat tussen hulle ‘n groot hoeveelheid Christene was. Dis hoekom hulle gehardloop het, reg? As hulle nie Christene was nie sou hulle nie gehardloop het nie, jy weet. Maar die polisie was oral, mense was oral en hulle het net gehardloop, bang met paniekbevange gesigte, oppad motors toe, oppad bote toe, hardloop berge toe.”

“Hulle het nie geweet waarheen om te gaan nie, net soos wanneer hulle deur ‘n monster of iets gejaag word , jy weet. So bang, jy weet, aaklig, dit was ‘n aaklige toneel.”

“En na dit het die Here Jesus aan my gesê, “Dit wat jy nou gesien het, is geensins so erg eers soos wat dit gaan wees as dit werklik gaan gebeur nie, wanneer daardie spesifieke dag sal aanbreek nie.”

“Na dit het Hy vir my gesê: “Wanneer al my mense weggeraap is Hemel toe, sal Satan die wêreld oorneem en hy sal vereis dat almal klein en groot sy nommer wat 666 is ontvang. En almal wat weier om dit te kry, sal onthoof word.”

“So enige een wat nie die merk van die dier, die getal 666, ontvang nie, hulle moet hulle harte vir Jesus gee, want hulle wil saam met Hom vir ewig en ewig wees. Openbaring 20:4En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.””

 

“En dan , aan dié wie wel die merk van die dier, die getal 666 ontvang het, hulle sal almal in die poele van vuur gegooi word waar hulle sal brand vir ewig en ewig.” 
“Hulle sal daarin brand, dag en nag sonder rus, Openbaring 14:11. So elkeen moet van hierdie dinge weet en onthou, indien jy kies om onthoof te word, sal dit nie ‘n maklike uitkoms wees nie.”
“Hulle sal geweldig gemartel word voordat hulle onthoof gaan word, omdat Satan hulle nie maklik sal toelaat om in te gee nie.“
“So, wie ookal hiérdié boodskap hoor, asseblief, as jy nie ‘n nabye, persoonlike verhouding met ons Here Jesus het nie, doen asseblief iets omtrent jou verlossing voor dit te laat is.”
“Ook, as jy agterbly het, maak nie saak wat dit kos nie, moet nooit, nooit die merk van die dier, die nommer 666 aanvaar nie, nie in jou hand of in jou voorkop nie.”
“Dis beter om ‘n rukkie te ly, as wat jy vir ewig en ewig in die helse vuur sal brand en asseblief, neem dit wat ek sê, ernstig op.”

“Die boek,Die Hemel is ‘n Werklikheid”, word tans in baie verskillende tale vertaal en word reg oor die wêreld versprei. Daar is ook ‘n MP3-klankbaan weergawe van die boek, wat van die internet afgelaai kan word.”

“Wel , die boek doen wonderlik en is ‘n internasionale trefferverkoper. Die Here het Dr. Yonggi Cho gebruik en hy het hierdie boek vertaal. Dit het hom omtrent twee maande geneem om die boek te vertaal, waar dit gewoonlik ses tot sewe maande neem. Die dag toe die boek gedruk is, het die verkope van dit in Korea as ware ontplof en is dit ‘n nommer een blitsverkoper daar gewees.”

“Die Almagtige God het Dr Yonggi Cho op so ‘n wonderlike manier gebruik. Hy het amper 800,000 lidmate in sy kerk, So gebruik God hom vir hierdie boek, Hy het hom gekies vir hierdie boek.”

“Ek Prys U Here! Dié boek is ons Here Jesus se Eindtydboek.”

“Hy wil hê dat al die Christene hierdie boek sal lees en dan getuies wees aan andere. Dit is wat baie mense besig is om te doen. Wanneer hulle beplan om een boek te koop, koop hulle eerder dosyne boeke of hulle koop selfs honderde boeke! Hulle sê dat dit die beste getuig-instrument is naas die Bybel.”

“Op dié manier ontvang ek verskeie E-pos boodskappe. Ek het nie meer tyd van my eie nie. Dis veral wanneer ek E-pos boodskappe van jongmense van so 12, 13 jaar ontvang, waar hulle getuig dat hulle so verlief is op die boodskap van die boek. Hulle is so lief vir Jesus, hulle noem hierdie boek die Jesus-boek en talle van hulle het so verander na hulle dit boek gelees het.”

“Sommige van hulle vra: “Moet ek skool los om God se werk te doen?” waarop ek antwoord dat hulle nooit skool moet los nie. “Julle moet leer, God wil hê dat julle geleerdheid moet hê.” Dis wat ek vir hulle dan sê en adviseer ook: “Wat jy ookal doen, stel altyd vir God eerste.””

“Wanneer ek hulle E-pos boodskappe beantwoord is hulle so bly. Jy weet, duisende der duisende lewens word verander deur mense wie hierdie boek gelees het, bloot net omdat dit Jesus se boek is.”

“En Hy het al Sy beloftes rakende hierdie boek vervul, van die begin af tot aan einde. Hy het aan my gesê, wel, Hy sal vir alles sorg, van begin tot einde. Ek het aan Hom genoem dat ek bekommerd voel oor verskeie dinge, jy weet? Dis toe dat hy aan my gevra het “Hoekom is jy bekommerd, dis My boek, Ek sal daarvoor sorg.””

“Wie ookal hierdie boek lees, word bewus dat dit is Jesus se boek is, en Hy het vir alles gesorg.”

“So, al Sy beloftes aangaande hierdie boek, het Hy volbring. Al wat nou oorbly is my dansbediening. Hy het my opgelei vir my dansbediening. Dit is 'n heilige dans, Hy het dit gedoen (my opleiding) vir drie jaar, en toe het ek begin dans in die kerk vir die volgende twee jaar.”

“Nou wag ek amper drie en ‘n half jaar. Die ‘gewag’ is een van die swaarste dinge om te doen wanneer jy God dien. Jy weet, ek moes sewe jaar wag voordat Hy die boek publiseer het. Soms het ek gedink, “Gaan Hy ooit hierdie boek publiseer?” Maar Hy het Sy woord volbring, sien jy.”

Aan die einde van haar Hemelse besoeke maak Jesus aan Choo Thomas ‘n spesiale belofte:

“Wel, Sy besoeke het geëinding toe ek die manuskrip van die boek voltooi het. Toe het Hy my na die aardse strand geneem. Ons het omtrent twee ure daar spandeer. Hy het vir my gesê dat Hy my elke Maandag soontoe sou neem. Dit was die 27ste Mei 1996. Van toe af het Hy nog nie een maal gemis nie. Hy vat my elke Maandagoggend na die strand toe in my verheerlikde liggaam. Hy maak my gewoonlik wakker so ‘n paar minute na 12 uur elke Maandagoggend. Hy laat ruk my liggaam vir 30 minute, presies 30 minute, nooit minder en nooit meer nie. Sy teenwoordigheid word sigbaar en Sy Geestelike liggaam en my geestelike liggaam vertrek dan saam strand toe.”

“En wanneer ons daarheen gaan, jy weet, doen Hy meestal die praatwerk en ek luister net na Hom. Dan sing en dans ek in my geestelike liggaam. En op hierdie oomblik is dit die beste tyd van my lewe.”

Volgens die Skrif is die rede waarom Jesus aan die kruis moes sterf te sien in Johannes 3:16.Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Daarom, volgens Romeine 10:9As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

“Wel, ek hoor soveel mense sê: “Wie gee om na ek dood is”, hie-hie-hie, soos dit, jy weet. Dan sê ek: “Jy beter omgee na jy dood is”. Dit was toe ek getuig het. Wanneer jy doodgaan, gaan jy slegs na een van twee plekke, of hemel, of hel toe. Hulle sê: “Aaaaggg, wie gee om na ek dood is?” Hulle praat asof hulle niks weet wat aangaan nadat hulle dood is nie.”

“Ek sê dan, jy beter omgee nadat jy dood is. En die rede? Wanneer jy doodgaan, dan sterf jou liggaam, maar jou gees en siel sterf nooit. Dit is hoekom jy pyn, geluk, blydskap, alles kan onthou, nes toe jy geleef het. Hulle glo my steeds nie, O, hulle word kwaad vir my!”

“Ek sê dan: “Ek hoop dat julle sal onthou eendag wat ek gesê het.” Ken jy vir Jesus? Dan sê hulle: “Ek ken God.” Dan sê ek: “ Wel Jesus is God. Hy is die Vader, Hy is die Heilige Gees, Hy is alles.” As jy nie vir Jesus ken nie, gaan die feit jy God ken jou nie in die Hemel besorg nie. Ek praat en praat net, maar die meeste van hierdie mense wil nie hoor nie. Ek sê net vir hulle: “ Wel, julle wil dit nie glo nie. Ek hoop julle sal dit eendag glo.” Selfs nadat ek lank met hulle gesels het wil hulle nie die ‘verlossingspakket’ aanvaar nie.”

“Jy weet wat ek dan aan hulle sê? “Goed, Jy wil nie hierdie verlossingsaanbod van God aanvaar nie, dis alles wel, maar eendag, jy sal weet wanneer God se mense weggeraap is. Dan sal jy weet waarvan ek nou net van gepraat het.”

“Maar ek wil jou vra, wanneer daardie tyd aanbreek, moet asseblief nooit die nommer 666 aanvaar nie! (666 Is die merk van die dier wat vereis sal word deur die Antichris om te kan handel dryf, en sal dien as `n merk in die hand of voorkop van almal wat dit aanvaar.) As jy dit aanvaar, gaan jy in die hel brand vir ewig en ewig en ewig! So moet asseblief, asseblief, asseblief nie die nommer 666 ontvang nie!”

Sal jy asseblief onthou?” Jy weet, sommige van hulle sê: “OK”. Ek sê dit vir baie, baie mense. Enige een wat nog nooit die verlossingsgebed gebid het nie, sal ek graag nou voor wil bid…”

 

“Bid asseblief agter my aan:

Here Jesus,
Ek glo dat U die Seun van God is en dat U vir my gesterf het.
Kom woon asseblief in my hart en wees my Here en my Verlosser. Ek vra dat U asseblief al my sondes sal vergeef, en reinig my asseblief met U kosbare bloed.

Neem asseblief beheer van elke area in my lewe van hierdie oomblik af vorentoe.

Jesus, vul my met U Heilige Gees en bemagtig my om vir U glorie en heerlikheid gebruik te word.
Ek wil U dien, U lief hê, U gehoorsaam, vir al die dae van my lewe en ek wil ‘n verskil maak in ander se lewens.

Vader, dankie dat U my U kind maak.

In Jesus se Heilige Naam.

Amen.

Halleluja!”

“Enige een wie hiérdié gebed saam my gebid het, gaan asseblief kerk toe, luister na die Woord van God deur middel van pastore en predikante, en lees die Bybel elke dag, bestudeer dit.”

“Bid `n paar keer daagliks en bou ook ‘n persoonlike verhouding met Jesus.”

“Dankie. Amen. Halleluja”

Namens die Choo Thomas Bediening, hartlike dank dat U na die program gekyk het.

In “Die Hemel is ‘n Werklikheid” het Jesus gesê dat Hy terugkom vir Sy kerk, gouer as wat ons dink, so maak gereed en gee aan God al die eer!

 

New Page 1

  Video Transcript in Other Languages